Addo The 1st wonder of our world

EnglishSpanishChineseFrenchGerman
Events
September 2020
  • M
  • T
  • W
  • T
  • F
  • S
  • S
  •  
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Cacadu
Tourism News
Nog 'n uilgalery maak nes in die Karoo
04 November 2009
 

Die uile het huis toe gekom. So sê mnr. Charles Williamson, wat aan die begin van Julie saam met sy vrou, mev. Leonie Williamson, in Nieu-Bethesda kom aftree het. Deesdae behartig hulle hier hul eie uilgalery. "Bale mense assosieer hierdie toerismedorp met die Uilhuis van Helen Martins, en daarom het ons gevoel dit is 'n goeie idee om ons uilversameling hierheen te bring."

 

Die Williamsons het die deure van hul galery aan die einde van Oktober oopgemaak. Dit vorm deel van hul huis, waaraan hulle sedert Julie bou. Hier word uile wat reg oor die wereld gemaak is, uitgestal. "Ons het besluit om eers die galery af te handel. Daar is ongeveer 2 700 uile in die versameling, gemaak uit enige denkbare materiaal," sê mev. Williamson.

 

"Ons het met so wat 40 bokse uile hier aangekom. Dit het amper twee weke geduur om uit te pak." Die uilversameling is vir meer as 50 jaar in mnr. Williamson se familie. Sy tante het dit eers behartig, waarna haar seun daarmee voort-gegaan het. Mnr. Williamson het daarna die versameling oorgeneem.

 

"Ons voel dit is iets wat ons vir die dorp doen. Dit is nogal oorweldigend om al die uile te sien. Jy weet later nie waar jy reeds gekyk het nie. Daar is so bale om te sien," sê mev. Williamson van die versameling waarvan nie 'n enkele uil te koop is nie. "Ons geniet die interaksie met die mense wat ons kom besoek. Dit is ook baie interessant om met die buitelandse besookers te gesels.

 
 
View more news articles for this area.
Explore our Seven Wonders
Addo Brochure
Addo Travel Brochure
Ikwezi Mohair Festival